Product Placement. By vandag se #interhuis bied ek opgewonde aan om aan die aflos deel te neem. Dis die laaste wedloop en die onderwysers het ook ‘n span. 

Ek was ‘n dekade gelede in matriek en het 10 jaar laas ‘n aflosstokkie vasgehou (never mind een aangegee…) Die skoot klap en ek skiet weg, my gedagtes gerig in die baan voor my en my bene wat probeer byhou. Ek is voor, en reg om die stokkie aan te gee, maar dan gebeur die onvermydelike: Tien jaar se lekker eet tiep my balans blitsig en, selfs sneller as wat my bene beweeg het, gee dit onder my in. 

Twee stukkende knieë, ‘n vose en vellose voorarm en een verstuite gewrig later sien ek hoe die onnies eerste oor die wensteep gly. En die beste van alles? Die hele Bloemhof wat “Meyer! Meyer! Meyer!” vanuit die paweljoen skree. Dit was die #bestedagooit, selfs al ruik alles nou soos #Savlon.

Product Placement. By vandag se #interhuis bied ek opgewonde aan om aan die aflos deel te neem. Dis die laaste wedloop en die onderwysers het ook ‘n span.

Ek was ‘n dekade gelede in matriek en het 10 jaar laas ‘n aflosstokkie vasgehou (never mind een aangegee…) Die skoot klap en ek skiet weg, my gedagtes gerig in die baan voor my en my bene wat probeer byhou. Ek is voor, en reg om die stokkie aan te gee, maar dan gebeur die onvermydelike: Tien jaar se lekker eet tiep my balans blitsig en, selfs sneller as wat my bene beweeg het, gee dit onder my in.

Twee stukkende knieĆ«, ‘n vose en vellose voorarm en een verstuite gewrig later sien ek hoe die onnies eerste oor die wensteep gly. En die beste van alles? Die hele Bloemhof wat “Meyer! Meyer! Meyer!” vanuit die paweljoen skree. Dit was die #bestedagooit, selfs al ruik alles nou soos #Savlon.